Morgenster | ’ n Kleiner plaas laat jou harder boer
LANDBOU
Morgenster | ’ n Kleiner plaas laat jou harder boer
’ n Mens kan dit skaars glo dat jy feitlik binne ’ n stadsgebied is as jy saam met Nikolas ( Nikie ) en Koos de Villiers hoog teen die hange van Hooggeberg net noord van die Tygerberg op hul plaas , Morgenster , staan . Op ’ n mooi dag het jy ’ n 360 º -uitsig oor Hangklip , Valsbaai en Tafelbaai , maar vandag is daar ’ n mistigheid wat oor die groot gebied tussen Durbanville en die Hottentots-Hollandberge hang terwyl die noordwes koud in ons blaaie druk . Nog ’ n winterkouefront is op pad .
“ Dit is interessant hoe Hooggeberg ons reënval beïnvloed . Ons kry dikwels meer reën in die winter as die noordwes waai as die bewoners aan die noordekant van die berg . Die
omgekeerde geld weer vir die somer wanneer ons ook suidoosterreën kry - dan val daar weer meer aan daardie kant van die berg . Dis omdat die reën eers oor die kruin breek ,” verduidelik Nikie de Villiers , wat saam met sy pa Koos hier op Morgenster boer .
En praat jy in hierdie geweste van die De Villierses , kom die name van ander plase soos Klein Roosboom , Doordekraal en Ongegund vanself na vore en besef ’ n mens gou watter invloed hierdie families op die vooruitstrewende landbouaktiwiteite van hierdie streek oor geslagte gehad het . Morgenster beslaan 150 ha met ongeveer 86 ha wingerd en ’ n verdere 10 ha waarop daar amandels geplant is .
Koos en Nikie de Villiers op Morgenster .
5 MARKtoe ! Julie 2024