LANDBOU
Deur : Danie Keet Foto ’ s : Mia Truter
Die Durbanvillevallei lê teenaan die stadsoom van Kaapstad en sy noordelike voorstede , maar desondanks is dit steeds ‘ n baie belangrike landbougebied . Van die land se voorste wynplase is hier geleë en wyne van wêreldgehalte kom uit hul kelders . Boonop is die meeste plase al vir etlike geslagte in besit van dieselfde families en is agterkleinkinders van oorspronklike eienaars vandag nog ewe entoesiasties oor landbouvooruitsigte . Die verskeidenheid landbou-aktiwiteite is ook bemoedigend en al kom dorpsuitbreidings stadig nader , word die stedelike kruip deur hierdie volhoubare en suksesvolle boerderye gestuit – hopelik vir nog baie jare en geslagte – en dit sal beslis so wees as dit van die huidige produsente afhang .
4 MARKtoe ! Julie 2024