MARKtoe! Julie 2024 - Uitgawe 117 | Page 39

LANDBOU

“ Dit was ’ n lang en moeilike proses wat reeds in 2017 begin het , maar hopelik binnekort gaan afskop . Ons hoop om teen November vanjaar die eerste sooie te spit en wil die akkommodasie , wat in groepies van vier eenhede saam gegroepeer gaan word , teen einde van 2025 voltooi te hê . Dit sal ook beter benutting van die bestaande restaurante en konferensiegeriewe beteken .

“ Almal wil graag die vallei bewaar , maar ons het gevra vir net 15 % van die grond vir die ontwikkeling , om gehersoneer te word vir die bou van die hotel , sonder om die wingerde te benadeel of die landelike gevoel van die omgewing nadelig te beïnvloed . Die ontwikkeling wat ons wil doen is aanvaarbaar vir die omgewing en ons wil nie hoë digtheidbehuising doen wat nie sal inpas nie . Dit behoort baie waarde toe te voeg vir die hele Durbanvillevallei . Die waarde wat dit nie alleen tot die vallei toevoeg nie , maar ook in die groter Durbanville-gebied , is onmeetbaar ,” glo Bernhard .

Maar terug by Nitida se wyne . Bernhard glo daar is hoop vir die Suid-Afrikaanse wynbedryf , alhoewel dit deur ’ n tydperk van dramatiese transformasie gaan . Volumes neem af van wyne wat aan die onderpunt van die mark is en die “ cheap and cheerful ” -wyne van onder R60 per bottel is onder kwaai druk . Die groei van bokswyn in klein volumes neem terselfdertyd ook baie toe .

Erick Kellerman , Theo van der Merwe en Jurg Zimmermann by een van die ou seinkanonne op Nitida wat nog gereeld afgevuur word .
39 MARKtoe ! Julie 2024