LANDBOU
Bo : ‘ n Groot dam met Cassia-restaurant langsaan skep ’ n rustige atmosfeer vir ontspanne kuiers . Regs : The Tinkery huisves Bernhard Veller se kelder en al sy wyne word hier gemaak .
“ Vir my is wyne van onder R100 per bottel volgens my kriteria moeilik om winsgewend te produseer . Daar is egter baie produsente wat suksesvol is in hierdie marksegment . Die bopunt van die mark , met wyne wat gemaak word deur die nuwe generasie van ‘ rockstarwynmakers ’ en tot soveel as R450 of R600 per bottel kos , doen uiters goed .
“ Ons premiumwyne vaar die beste oorsee en van die Hollanders koop net daardie kategorieë by ons aan . Ook in China is daar groot belangstelling in wyne van hierdie
40 MARKtoe ! Julie 2024 pryspunte . Hulle soek wyne wat R350 kos , en meer . Dit is verbasend hoe hierdie produkte juis die inkomste verhoog , nie net in volumes nie , maar van groei en geleenthede .
“ As ‘ n mens die wynmark in sy geheel beskou , glo ek egter premium-wyne is waarskynlik ons antwoord vir die buiteland , sonder om die koopkrag van die plaaslike mark te onderskat of mis te kyk ,” sê Bernhard .