LANDBOU
want dis goed om ander mense op die plaas te kry en het ons Tables @ Nitida in 2006 gebou . Dit is ’ n deli-tipe restaurant gemik op gemaklike familiekuiers . In 2007 is Cassia gebou , wat meer fokus op fynproewersgeregte vir die sakesektor . As jy op ’ n klein plaas soos hierdie wil oorleef , moet jy sulke dinge doen . Ek het net 17 ha wingerd en kan nie ’ n lewe daaruit alleen maak nie , dit is net net nie moontlik nie , maar deur die 17 ha in wyn te omskep en dit teen hoër marges te verkoop , tesame met die huurinkomste van twee restaurante , maak dit lewensvatbaar ,” vertel Bernhard .
Dan is daar nog die interessante verhaal van The Tinkery , die kelder op Nitida . “ In die ou dae het mense tinpotte reggemaak deur die gaatjies met hamers toe te tik . Daardie ‘ tinkery ’ - die geluid wat die hamers teen die potte gemaak het - het ‘ n ander betekenis gekry : om te vroetel en nuwe dinge te probeer . Dit was die gepaste naam vir ons kelder en van pas vir ons wynmaakbeleid ,” vertel Bernhard .
Nou staan Nitida weer op die vooraand van ’ n opwindende nuwe fase – ‘ n hotel van vier-en- ‘ n- half tot vyf-ster status met 50 kamers wat binnekort op 9000 m ² onbenutte grond gebou gaan word .
Daar word heelwat op sonkrag op die plaas gesteun en nog uitbreidings gaan binnekort aangebring word .
38 MARKtoe ! Julie 2024