LANDBOU
enkelkultivarwyn en het merlot eers heelwat later deel van sy portefeulje geword en is dit steeds ’ n goeie verkoper .
Alhoewel Bernhard nie ten gunste was van merlot as ’ n enkelkultivarwyn nie , is dit tans die kultivar wat die meeste in Suid- Afrika gekoop word . Hy beskryf Nitida as ’ n Bordeaux-styl plaas en gebruik sauvignon blanc en semillon in verskeie vorms , asook merlot en cabernet franc . Dan is daar nog twee vonkelwyne in die portefeulje , die Matriarch en Grand Matriarch , opgedra aan sy skoonma wat ’ n fantastiese dame was .
Dank sy harde werk en voortdurende innovering het Nitida vooruitgegaan en na die begin met ‘ n
rooi versnit in 1989 het ’ n cabernet sauvignon en cabernet franc versnit in 1999 gevolg en is ontwikkel tot een van die suksesse van die plaas , hul Calligraphy . Hierdie wyn is ook ’ n rooi versnit bestaande uit merlot , cabernet franc , cabernet sauvignon , malbec en petit verdot . Vinnig het hulle hulself met 14 verskillende wyne in hul portefeulje betrap . Volgens Bernhard klink dit baie vir ’ n klein wynplaas , maar is dit die aard van wynverkope in Suid- Afrika . Hulle het in ’ n stadium probeer om die reeks na net vier te verklein , maar dit het nie gewerk nie omdat mense wat die restaurant besoek , meer opsies wil hê .
“ En as jy begin wyn verkoop , dan begin jy vroetel . Jy bou restaurante ,
Die Cassia-restaurant op Nitida is smaakvol ingerig en bied ‘ n verskeidenheid heerlike geregte .
37 MARKtoe ! Julie 2024