MARKtoe! Julie 2024 - Uitgawe 117 | Page 36

LANDBOU
Die gesellige proelokaal op die plaas .

dat ek hulle eerstens nie baie kan betaal nie en dat sodra hulle goed doen , word hulle deur groter kelders geroof . Dieselfde het gebeur met Groot Constantia se wynmaker wat vir my gewerk het - Danie Keulder . Hy is ook in sy eerste jaar by my as Wynmaker van die Jaar aangewys . Ek was ’ n lid van die Kaapse Wynmakersgilde tot 2017 , so ek ken die mense in die bedryf .”

Volgens Bernhard moet ’ n mens goeie wyn maak om met hierdie klein infrastruktuur te kan oorleef

en ’ n goeie winsgrens is noodsaaklik . As daar dan nog bemarkings- , verspreidings- en verkoopsonkoste bygevoeg word , kan jy ’ n groot persentasie afstaan .

Onder die kultivars is sauvignon blanc die grootste van die totale produksie en word dit in verskillende style bemark . Daar is weergawes vir Woolworths , Checkers , in die Wild Child-etiket en die Corontataversnit met semillon . Hul merlot vaar baie goed en hy voel dit vertoon beter in ’ n versnit as in ’ n

www . dixonbatteries . co . za