LANDBOU
Die plaas se naam daardie tyd , Maasspruit , het nie vir my gewerk nie . Tydens ’ n besoek aan die Kirstenbosch botaniese tuin het ons op die nitida-protea afgekom . Die naam is afkomstig van ’ n Latynse beskrywing wat helder , sonskyn , slank en slim beteken en dit het vir my al die lekker konnotasies met die plaas en ons wyne gehad . Ons moes net seker maak daarvan , want ’ n naam bly vir altyd – handelsmerke kan nog verander , maar nie ’ n naam nie , dan verloor jy jou mark ,” glo hy .
Dit was die begin van Nitida se sukses en in 1996 verdien daardie wyn ’ n dubbelgoud by Veritas en het dit ’ n groot hupstoot vir Nitida se wyne gegee .
Bernhard vertel dat hy in 1998
voltyds plaas toe gekom het , en tot 2009 die enigste wynmaker was . Daarna het hy baie besig geraak met ander besighede waarby hy betrokke was en het agtergekom hy raak te meganies in sy wynmaak .
“ In 2012 het ek ’ n wynmaker aangestel en in sy eerste jaar word hy aangewys as Diners Club se Jong Wynmaker van die Jaar . En toe word hy deur Kleine Zalze gekaap . Die wynmaker ? RJ Botha wat vandag nog uitstekend op daardie wynplaas vaar . Maar hy het goeie werk vir my gedoen .”
“ Ek het jong wynmakers aangemoedig om te reis en te leer . Hulle moes 9 maande van die jaar vir my werk en die res kon hulle reis . Die probleem met jong mense is
Een van die kenmerke van Nitida se wyne is die wye reeks wat aangebied word .
35 MARKtoe ! Julie 2024