LANDBOU
“ Ek en Jackie het in 1992 ’ n vaatjie cabernet sauvignon saam gemaak en daarna het ek 2 ha op die plaas aangeplant . Ek was steeds voltyds in diens van die maatskappy , maar het ’ n week se verlof geneem om dit te plant . Die vreugde daarin vir my was dat dit ’ n stokperdjie was en daar dus geen druk op my was om te presteer nie , niemand wat jou vertel wat om te doen en vra of jy geld maak en oor jou skouer loer nie .”
In 1995 het hy weer twee weke se verlof geneem en die ou skuur in ’ n kelder ontwikkel . Hy het 8 tenks , ’ n druiwepers en pompe gekoop en daarna die proelokaal gebou . Op ’ n vraag oor waar hy toe leer wynmaak het , is sy antwoord : “ Ek het nie .” Hy het maar geleer soos hy aangegaan het .
Bernhard vertel dat hy darem
geweet het dat hy hulp kort en het met sy talle kennisse in die wynbedryf hieroor gepraat . Hy het by
Johan Krige van Kanonkop gaan kers opsteek en gesê hy soek ’ n jong man om hom te kom help met die wynmaak . Johan het hom na Eugene van Zyl by die Elsenburglandboukollege verwys met die hoop dat hy ’ n jong wynmaakstudent vir hom sou aanbeveel . Eugene het egter self op die plaas kom help .
“ In 1995 het hy feitlik elke dag op die plaas ’ n draai kom maak en gesê wat ek moet en nie moet doen nie en dan weer na sy studente gaan omsien . So het ons begin wyn maak en die eerste wyn wat gekommersialiseer is , was ’ n 1995 sauvignon blanc waarvan ons ongeveer 100 kiste gemaak het .”
“ Toe moes ons na ’ n naam soek .
Links : ‘ n Reeks Cap Classique-wyne word ook deur Nitida bemark . Regs : Charlotte Jansen het op die plaas groot geword en is tans die bestuurder van die proelokaal .
34 MARKtoe ! Julie 2024