Nitida | Maak eers goeie wyn , en begin dan vroetel
LANDBOU
Nitida | Maak eers goeie wyn , en begin dan vroetel
’ n Leeftyd op een plaas verseker dat jy die hartklop van die omgewing , die grond en die wingerde so duidelik voel dat jy weet wat nodig is om topklas wyne te produseer . Ongeag die feit dat jy eintlik ’ n Johannesburger en chemiese ingenieur is .
Dit is wat ’ n mens met groot gerustheid van Bernhard Veller , eienaar , wynmaker , entrepreneur en ontwikkelaar kan sê . Nie dat dit is wat hy verkondig nie . Op sy beskeie en rustige manier vertel hy van sy lewe op Nitida en die uitbou van hierdie klein wynparadys .
“ Op 1 Augustus sal ek 34 jaar op die plaas wees . Dit is waarskynlik die kleinste in die vallei op 37 ha . Ek is aanvanklik van Johannesburg na Kaapstad verplaas en het in die suidelike voorstede van Kaapstad gaan bly op ’ n tipiese klein eiendom in daardie gebied . Ons wou meer ruimte om ons hê en het na ’ n kleinhoewe gesoek omdat ons in Johannesburg meer ruimte geken het . Dit was toe dat ek hierdie klein stukkie grond in Durbanville op aanbeveling van Jackie Coetzee van Bloemendal en teen ’ n groot winskoop , raakgeloop het . Ons wou eers net hier bly , maar ek kan nie lank stil sit nie .
Bernhard Veller in sy wynkelder op Nitida .
33 MARKtoe ! Julie 2024