MARKtoe! Julie 2024 - Uitgawe 117 | Page 32

LANDBOU

regterhand in die werkswinkel en hy kan enigiets doen en regmaak .

Erhard het ook grond in die Britstown-omgewing by die Smartsindikaatdam wat water verskaf en het sowat 246 ha grond waarvan

“ Die wingerd is my toekoms en hoofinkomste en ek beskerm en koester dit , anders gaan ek dit nie maak nie . Die feit dat ek by twee groot kelders is , maak dat dit eintlik baie goed gaan .”

22.5 ha onder lusern aangeplant is . Die dam is een van die grootste damme in privaatbesit in Suid- Afrika .

“ My pa het altyd doelwitte gehad wat hom gemotiveer het en ek stel ook vir myself teikens vir die toekoms en werk deurgaans daarheen . Jy probeer om net daar op te fokus , maar daar kom altyd ander dinge tussenin wat jy ook moet hanteer . So het my pa byna 12 jaar lank gesukkel om die dorpsontwikkeling van Clara Annafontein op dreef te kry , maar toe die masjiene inbeweeg , het hy gesê hulle kan hom nou maar kom haal . Dit was sy grond en hy het dit saam met die ontwikkelaars ontwikkel . Hy het gehou van groot projekte en groot doelwitte gestel , waarskynlik omdat ‘ n onderwyser eendag in die klas vir hom gesê het hy sal niks bereik nie . Dit het hom gedryf om baie suksesvol te word ,” vertel Erhard .

4 MARKtoe ! Julie 2024