LANDBOU
Phisantekraal Slaghuis van sy plaas af waar vleis net verwerk en verkoop word , maar wat al wyd en syd bekend geword het vir die gehalte vleis en veral ook sy biltong en droëwors . By die slaghuis vertel hy hoe sy oupa in st . 2 ( gr . 4 ) uit die skool is en by Buffeljagsrivier begin het om skape te slag en te verkoop . Nadat hul plaas verkoop is , het sy ma na Stellenbosch verhuis en daar het hy sy slagtery voortgesit en met sy fiets sy vleis by inwoners afgelewer . Later het hy in Dorpstraat die bekende Hendriksz Slaghuis begin . Sy eerste kliënt was die Universiteit Stellenbosch .
Hy vertel die klimaat en ligging van die plaas is ideaal en die koel seelug van sowel die Weskus as Valsbaai is goed vir hul druiwe .
ROOFRUBBER WATERPROOFER
UV Stable Non-flammable
Available in 9 colours
Water based product
Easy application : rollers , brushes , Airless sprayguns
Suitable for multiple surfaces including Bitumen
Non-toxic
2
4-6m per litre
Clean equipment with water
Self-cleaning
AVAILABLE AT YOUR NEAREST AGRIMARK STORE
ENVIRONMENTALLY FRIENDLY
“ Ek begin nou weer om my kudde op te bou en het maar net so oor die 100 ooie in hierdie stadium . Ek het somme gaan maak oor wat skaap toe gekos het en om weer 1 400 ooie in die mark te kry sal sowat R3,2 m beloop – en wie kan dit sommer net so bekostig ,” vra hy ernstig .
Veediefstal naby die dorp het hom ook groot skade berokken , hoofsaaklik van Dunoon se kant af 30 km verder . Hy vertel dat veediewe een nag 24 ooie gesteel het en oor verskeie plase , deur kampdrade en oor
29 MARKtoe ! Julie 2024