LANDBOU
Bo : Leentjie van der Westhuisen en Hermanus Coetzee in die slaghuis op Phisantekraal . Regs : Die Phisantekraal Slaghuis se logo verteenwoordig die geskiedenis van Erhard se oupa wat die bekende Hendriksz-slaghuis op Stellenbosch begin het en aflewerings per fiets gedoen het .
nadat ons ’ n bietjie bygeplant het . Ek het ’ n paar dinge verander , soos om nog ogies op die ranke by te sit en pale te verhoog van 1,8 m na 2,4 m sodat meer lower verkry word , meer blaargroei en meer fabrieke wat die druiwe kan laat ontwikkel . Die laaste drie jaar met die goeie reën het ons ook bietjie meer gesnoei en meer produk opgesit en lê nou tussen 8 t / ha en 11 t / ha in droëlandopbrengs . Die groot geheim is die vrugte- en loofgroei moet in balans wees . Ek het dit geleer deur my ore oop te hou en te luister en deur foute te maak .
“ Die wingerd is my toekoms en hoofinkomste en ek beskerm en koester dit , anders gaan ek dit nie maak nie . Die feit dat ek by twee groot kelders is , maak dat dit eintlik baie goed gaan . Die plaas is nou van so ’ n aard dat die kelders ons agtergekom het en moeite met ons doen .” Met sy veeboerdery , en veral sy skape , het Erhard ook al groot skade gelei , hoofsaaklik weens veediefstal en ’ n uitbreking van vrotpootjie in 2015 . Die vlaag vrotpootjie het hom gedwing om sy hele kudde van bykans 1 400 ooie van kant te maak en hy moes hard werk om die plaas se gronde weer skoon te kry – en dit alles weens nalatigheid van ’ n vorige bestuurder wat nie die tekens raakgesien het nie . “ Toe ek by die skape kom , loop hulle op die rante van hul hoewe . Daar was niks wat ons kon doen nie ,” onthou hy .
Op die oomblik bedryf hy die
28 MARKtoe ! Julie 2024