LANDBOU
die N7 gejaag het tot in ’ n hut in die nedersetting . Daar het hulle op almal in een vertrek afgekom waar hulle op ’ n matras gestaan het . Hy moes toe weer sowat R130 000 uithaal om nuwe ooie te koop omdat dit net voor die dekseisoen gebeur het .
Nog ’ n uitdaging wat reeds op die horison verskyn het , is die druk om die plaas te verkoop ter wille van dorpsontwikkeling .
“ Die druk is reeds daar en ons kry soms klagtes van mense oor bespuiting . Die stedelike grens kruip al nader en ons is reeds teen-aan Vierlanden . Verder gaan die nedersetting van Phisantekraal ’ n groter dorp word en as dit vol is , gaan hulle by ons kom aanklop . Hulle - ontwikkelaars - het al hier kom klop . Ek weet nog nie wat ek sal besluit as
dit gebeur nie - as jy in finansiële verknorsing is , sal mens maar moet besluit . Ek is egter ’ n boer in murg en been en wil net boer . My pa het gesê hy is die boer met die meeste bure , maar bure bly bure en kan baie moeilikheid gee .”
Erhard saai koring , korog , hawer en medics . Met die medics en koring wat omtrent helfte-helfte gesaai word om die veebelading te kan akkommodeer . Hy pas ook wisselbou toe . Die afgelope vyf jaar het hy sy grond verhuur , maar het dit nou weer terug en het vanjaar weer medics en koring gesaai . Die koring lewer hy by Agrimark Grain se graansuiers by Klipheuwel , sowat 15 km van die plaas af , en dit ry hy met sy eie vragmotors aan .
Sy oudste seun , ook Matthys ,
Foto : Phisantekraal
Links : Die wingerdrye is wyd uit mekaar en netjies versorg met die minimum dekgewasse tussenin . Regs : Keurig-verpakte vleisprodukte in die slaghuis op die plaas .
30 MARKtoe ! Julie 2024