MARKtoe! Julie 2024 - Uitgawe 117 | Page 25

LANDBOU

kruip en ek vat wat ek in die hande kan kry . Dit gaan later verdwyn en dit raak baie duur ,” vertel Erhard op die koue wintersoggend . En net vir die rekord , daar is vier soortgelyke vertoonkaste in hierdie vertrek . Om die kroon te span het Erhard van hierdie trekkers waarmee hy werk of wat hy besig is om te restoureer . Erhard vertel dat hy op hierdie plaas gebore is en hier grootgeword het . Verlede jaar het hy sy 40ste jaar op die plaas gevier nadat hy op 8 November 1983 plaas toe gekom het . Durbanville se Voorbereidingskool , of soos hy en ander Durbanvillers daarna verwys , die Kleinskooltjie , was die begin van sy skoolloopbaan . Daarna is hy na die Hoërskool Batavia en het ambagte soos sweiswerk , elektrisiën en motorwerktuigkundige afgehandel . Toe is dit terug plaas toe om saam met sy pa te boer op die plaas wat sy oupa Albert Ford Matthys Louw staan gemaak het . Sy pa , ook Matthys , is twee jaar gelede in die ou plaashuis oorlede , maar sy ma woon steeds daar .

“ My Oupa het die grond gekoop , maar ek weet nie presies wanneer nie . Ons het al die geskiedenis probeer naspoor , maar kom voortdurend in ‘ n doodloopstraat . Wat dit moeilik maak is dat Groot Phisantekraal , Diemersdal en Phisantekraal alles een plaas was wat oor tyd opgedeel is tussen die Brink- en Louw-families . So is Tienie Louw van Diemersdal ’ n

Erhard Louw op die wingerde op Phisantekraal .
25 MARKtoe ! Julie 2024