MARKtoe! Julie 2024 - Uitgawe 117 | Page 26

LANDBOU
Foto : Phisantekraal

neef van my pa en die Louws van Maastricht pas ook iewers in .” Hulle is twee seuns en vier dogters en Erhard se ander broer bly ook op die plaas , maar is , soos sy susters , nie by die boerdery betrokke nie .

Phisantekraal is tans ongeveer 800 ha groot en Erhard het ’ n suksesvolle gemengde boerdery opgebou . Hier is hoofsaaklik wyn-druiwe wat die hoofinkomste lewer en dan is daar nog vee en gesaaides onder spilpunte vir onder meer kuil-voer en voer vir die skape en beeste , en ’ n slaghuis wat vleis verwerk en verkoop .

“ Ons wingerde is nou op ’ n goeie plek en ons verbou kultivars soos chardonnay , sauvignon blanc ,

chenin blanc , pinotage , merlot , semillon en shiraz . Ons het voorheen aan ’ n bekende kelder in die omgewing gelewer , maar ek het nie saamgestem met die bedryf daarvan nie en lewer nou vir Spier en DGB Douglas Green . Baie van ons wyne gaan oorsee , maar in die bottels van ander handelsname .

“ Dit was nie ’ n maklike tyd in my lewe nie , maar ons het reg-gekom met die nuwe kelders en nou is ons weer op ’ n goeie plek . My pa het 30 jaar lank in die direksie van die kelder gedien en was 10 jaar oud toe hy die eerste vrag druiwe daar afgelewer het . Dit was ’ n baie emosionele besluit om te neem , maar dit was vir die beste ,” sê hy met ’ n

Links : Die ingang na Phisantekraal net buite Durbanville . Regs : Skape loop op die uitvallande en is deel van Erhard se boerdery wat hy nou weer opbou .
26 MARKtoe ! Julie 2024