Phisantekraal | Vasberade produsent kyk uitdagings vierkant in die oë
LANDBOU
Phisantekraal | Vasberade produsent kyk uitdagings vierkant in die oë
Erhard Louw is ’ n man wat al deur die meul van die landbou-lewe gegaan het , maar is ’ n toonbeeld van vasberadenheid en sukses . Ons gesels in sy kantoor op die boonste vloer van sy kantoorgebou op die plaas Phisantekraal net buite Durbanville . Met bure soos Diemersdal , Loch Lynne en dorpsgebiede soos Vierlanden en Clara Anna Fontein op sy voorstoep , is dit byna ’ n stadsboerdery . Maar Erhard is al die derde geslag wat hier ‘ n lewe uit die grond maak .
Die versameling klein modeltrekkers en implimente wat in vertoonkaste die agtergrond in die vertrek vorm , dui op sy liefde vir sy werkesels en dit waarmee hy ’ n bestaan hier maak . Tesame met ou plaastoebehore , soos ’ n antieke juk en ’ n opgestopte rooikat , elkeen met sy eie storie , kom jy gou agter dat hy ook ’ n voorliefde vir die geskiedenis en erfenis het . Die ou plaasgeboue , insluitend sy eie slaghuis , vertel elkeen ’ n storie . Selfs die etiket op sy vleisprodukte kom al van ver af . “ Baie van die klein modelle is ingevoer , maar ek kon darem sommiges op die plaaslike mark kry . Moet net nie vra hoeveel hier is nie . Die een kas het miskien so 115 , maar ek het nog nie verder getel nie . Die dinge het mos maar die gewoonte om in ’ n versamelaar se bloed in te
Daar is ’ n ongelooflike uitsig vanaf een van die hoogste pieke op Phisantekraal .
24 MARKtoe ! Julie 2024