MARKtoe! Julie 2024 - Uitgawe 117 | Page 23

LANDBOU

te groei omdat die trosse laag sit en ons kan dit lekker oopmaak vir beter geurretensie en trosvorming . Ons oes deels met die hand en deels met masjiene , veral nadat onlangse studies getoon het dat druiwem wat met masjiene geoes is ’ n groter deel van die aromatiese komponent behou .

“ Die feit dat die dorpsgebiede nader kruip is nie vir ons nou al ’ n probleem nie – dit help eintlik om meer mense makliker na die plaas te laat kom om ons wyne te ervaar . Ons plan is om verder te bou aan die erfenis van Maastricht . Ek het tradisioneel as boer grootgeword en wil dit so aan my kinders oordra en sou wou sien dat Maastricht met sy wyne van gehalte sy merk in die plaaslike en internasionale wynmark sal maak .”

Melanie en Thys Louw by Spikkels , die mak takbok wat gereeld by die proelokaal rondkuier .
23 MARKtoe ! Julie 2024