MARKtoe! Julie 2024 - Uitgawe 117 | Page 21

LANDBOU

gevolge vir almal aan boord teen die berg vasgevlieg het . Hy was eerste op die toneel , maar wy nie veel uit nie . Ons kyk na die jong versies wat in die weidings loop en ry tot bo-op een van die hoogste dele van die plaas . ’ n Asemrowende uitsig oor Tafelbaai , Tafelberg en die hele Kaapstad slaan ’ n mens se asem behoorlik weg en laat jou vergeet dat jy eintlik in die stad is , of darem net op die stadsgrense . Hy vertel dat hulle maar min water het en afloopwater gebruik wat uit drie damme kom en aan die bopunt van die Elsieskraalrivier lê . Hulle het ’ n aansluiting na die Potsdamwatersuiweringwerke maar gebruik dit nie . Hy wys die kronkelende

kontoere op Maastricht uit en vertel dat hulle een wyn met ’ n soortgelyke naam het wat hulde bring aan die plaas . Maastricht produseer so tussen 60 000 en 70 000 bottels per jaar met ’ n gemiddelde opbrengs van tussen 11 t / ha en 13 t / ha droëland wat redelik konstant bly .

“ Ons Contour Sauvignon Blanc kom van ’ n spesifieke jong blok en een van die eerste blokke wat ons op die plaas geplant het . Dit is ’ n sauvignon blanc wat ons effe anders wou maak en het dit vir ongeveer vier maande op Franse eikehout laat verouder en daarna nog ’ n jaar in die bottel . Dit is ’ n ode aan die plaas .

“ Ons ander wyne vaar ook goed op die markte en by kompetisies soos

Die plaas lê aan die stadsoom van Kaapstad en daar is asemrowende uitsigte oor Tafelberg .
21 MARKtoe ! Julie 2024