MARKtoe! Julie 2024 - Uitgawe 117 | Page 20

LANDBOU

kan aanrig , kan egter die wingerde gou weer afdroog voordat daar groot skade weens witroes en ander swamme toeslaan .”

Thys glo ligging is hul sterkste eienskap en die Durbanville-wynvallei is nog jonk . Hulle het eintlik maar 10 jaar gelede eers hul deure oopgemaak en is hard besig om hul handelsmerk te bou . “ Ons wil bekend wees vir ons kwaliteitwyne en as my seuns eendag wil plaas toe kom , moet wyn steeds die hoofding wees ,” sê hy .

Thys vertel dat hulle deurgaans besig is om blokke te leer ken en die terroir te toets om te weet wat werk waar en wanneer en watter onderstokke en bo-klone die beste hier aard . Hulle is besig om die storie in te kleur om te sorg dat die wyne wat hulle produseer van hoë gehalte bly .

Thys en sy pa , saam met ’ n span van ongeveer 10 werkers doen die meeste van die werk self – ook op die naasliggende plaas Oaklands op die Vissershokpad wat hulle ’ n paar jaar gelede gekoop het . Hier is die meeste van die gesaaides en die beeste gehuisves . Kontrakspanne word in oestyd gekontrakteer om te help . Hulle huur kelderspasie vir hul wynmaakprosesse en doen dit nie op Maastricht self nie .

Ons ry oor die plaas en hy wys die heuwel uit waar ’ n vliegtuig ’ n paar jaar gelede met noodlottige

’ n Verskeidenheid ligte geregte kan saam met Maastricht se wyne in die proelokaal geniet word .
20 MARKtoe ! Julie 2024