LANDBOU
Dan maak ons ook pinotage , cabernet sauvignon en pinot noir wat deesdae ook baie goed vaar . Ons pinotage rosé word ook hoog aangeslaan .
“ Die terroir van die vallei is uitstekend vir sauvignon blanc , maar hier is verskillende mikroklimate in verskillende dele van die vallei . Ons ervaar ’ n redelike balans van noordelike en suidelike hellings en al ons druiwe word in droëlandomstandighede gekweek , sonder enige besproeiing en met ’ n gemiddelde reënval van ongeveer 700 mm per jaar . Verlede jaar was natuurlik ’ n uitskietjaar en ons het lank gesukkel om in die wingerde te kom na die swaar reën .”
“ Ons lê relatief hoog in die vallei
– op ongeveer 200 m bo seevlak – en kry reën uit sowel die noorde as suidooste . Die heuwels hier rondom ons vang baie van die mis en vogtigheid op as dit in die somer van die kus af hier oor waai . Dit is belangrik vir die ontwikkeling van sauvignon blanc omdat dit saans lekker afkoel , terwyl dit deur die dag matig warm is . Gelukkig kry ons nie die uiterste hittevlae van ander dele van die Wes-Kaap nie . Die gronde het ’ n kleibasis en behou die vogtigheid goed , maar is terselfdertyd goed gedreineer . As dit vir drie of vier dae aaneen gereën het , moet ons ook maar op die uitkyk wees vir swamsiektes en ons spuitprogramme aanpas . Die suidooster , wat soms groot skade
Bitterballen word bedien saam met ’ n seleksie van Maastricht se wyne .
19 MARKtoe ! Julie 2024