LANDBOU
en entrepreneur Chris Willemse , sien om na die proelokaal en die gasvryheidskant , terwyl sy ma is vir Beyers ( 6 ) en Thys ( 4 ).
“ Ons het ’ n gemengde boerdery met die fokus op wyn . Buiten die wingerde doen ons gesaaides en het ’ n kudde beeste en natuurlik my pa se stokperdjie , ’ n troppie takbokke wat ook al ’ n fokuspunt in die vallei geword het en talle mense daaroor laat praat as hulle hier verbyry . Ons het aanvanklik ons druiwe aan korporatiewe kelders soos die KWV gelewer , maar die grootste gros word tans aan Durbanville Hills , Delaire , Kleine Zalze en Grand Domaine voorsien .”
“ Met die oopgaan van die uitvoermarkte en die groot aanvraag van Durbanville Hills het dit ons
gemotiveer om sedert 1990 ongeveer 100 ha wingerd aan te plant , maar het steeds die gesaaides gehou , die beeskudde kommersieel uitgebrei en op uitvallande hawer vir hooi , ’ n bietjie koring en medics gesaai as weiding vir die beeste . Nou is hier ongeveer 250 ha gesaaides en 160 teelkoeie in hierdie deel van ons boerdery . Gesaaides vir die beeste is geregverdig op uitvalkampe en nie op ander gesaaides nie . Nuwe aanplantings het nie altyd die versekering dat dit die onkoste sal dek nie en min kelders is gretig om langtermynkontrakte aan te bied . Wingerd is ’ n langtermynbelegging – van tussen 20 en 25 jaar , soms tot 30 jaar , en teen ongeveer R300 000 se vestigingskoste per hektaar vir droëland , moet jy
Die golwende heuwels op Maastricht net buite Durbanville met ‘ n gedeelte van die beeskudde .
16 MARKtoe ! Julie 2024