MARKtoe! Julie 2024 - Uitgawe 117 | Page 15

LANDBOU

ryke geskiedenis van Maastricht te delf , is die Voortrekkerleier , Dirkie Uys , hier gebore .

“ Maar ons Louw-familie is nog nie solank op hierdie plaas nie . My pa is wel op Diemersdal gebore en het daar grootgeword en is deel van die vyfde geslag van die Louwfamilie wat in hierdie vallei woon . Baie van die wingerde is gevestig deur ons familie . Ons het Maastricht in 1982 gekoop en sedertdien bou ons dit uit en probeer om voortdurend ons hoë gehalte wyne te maak ,” vertel Thys in die smaakvolle proelokaal op Maastricht . By die toonbank is personeel besig om wyne te skink vir gaste wat wil wynproe , wat óf binne-in die lokaal óf buite onder sambrele gedoen kan word . Ligte

versnaperinge soos bitterballen en kaasborde vergesel gewoonlik die wyne van jou keuse . En tussenin is Spikkels , die mak takbokooi , ook daar om gaste te vermaak .

Thys se pa , Johannes Beyers Louw , het saam met sy broer , Tienie , op Diemersdal grootgeword en is Durbanvillers in murg en been . Thys was in laerskole in Durbanville , daarna eers aan die Hoër Landbouskool Boland gegaan en sy skoolloopbaan later by Paul Roos Gimnasium voltooi . ’ n BCommgraad by die Universiteit van Stellenbosch het gevolg en daarna ’ n tydjie in die internasionale wynbedryf in St . Emilion in Bordeaux en die Napavallei in Kalifornië . Sy vrou , Melanie , dogter van die bekende Springbokfietsryer van die 1980 ’ s

Thys Louw bedryf tans die plaas saam met sy pa .
15 MARKtoe ! Julie 2024