MARKtoe! Julie 2024 - Uitgawe 117 | Page 14

Maastricht | Louw-familie se suksesverhaal in Durbanvillevallei
LANDBOU

Maastricht | Louw-familie se suksesverhaal in Durbanvillevallei

Hoog bo in die Durbanvillevallei lê die plaas Maastricht van die Louwfamilie . Pa Johan , Wheaty is sy noemnaam , en seun Thys , staan hier aan die spits van sake op ’ n gesiene wynplaas wat al sedert 1982 van ons land se voorste wyne produseer . En getrou aan hierdie deel van die Wes-Kaap , is sauvignon blanc die vlagskip wat Maastricht se naam uitdra .

Met ’ n ryke geskiedenis wat terugstrek tot die vroeë dae van die vestiging van die Kaap en sy hinterland , is Maastricht al sedert 1702 amptelik op die boeke van die kolonie . Volgens Thys Louw , huidige mede-eienaar en wynmaker van die plaas , is daar rekords wat daarop dui dat so ver terug as 1690 daar al druiwe hier geplant is . Die plaas is geleë langs die oorspronklike pad van Kaapstad na Pampoenkraal , toe bekend as De Oude Wagenweg na de Kaap , ook ’ n gevestigde en bekende baken in die vallei . Die eerste titelakte is in 1692 aan Hendrik Seegers , wat uit Maastricht , Holland afkomstig was , uitgereik . Vandag is daar nog ’ n sterk band met hierdie dorp en is wynverbruikers vandaar gaande oor veral die plaas se sauvignon blanc .

Later was die plaas ook ’ n sendingstasie - vandaar die kruis op hul etikette . En om nog verder in die

Die ingang na die proelokaal op Maastricht waar ‘ n hele reeks van die landgoed se wyne geproe en gekoop kan word .
14 MARKtoe ! Julie 2024