MARKtoe! Julie 2024 - Uitgawe 117 | Page 13

LANDBOU

op Morgenster en hulle kry hul besproeiingswater van die Potsdam-suiweringswerke vanwaar dit met ’ n pyplyn tot op die plaas , en omliggende plase , gevoer word . Die pyplynskema is in 2000 na onderhandelinge tussen Stad Kaapstad en Hennie de Villiers geskep . Dit word slegs vir drupbesproeiing gebruik , maar die laaste paar jare het hulle gesukkel met beurtkrag en ’ n verouderde en foutiewe suiweringsaanleg . Daar is tans groot opgra-deringsprojekte aan die gang , wat hopelik ’ n konstante watertoevoer sal verseker . Dit sal ook gunstig wees vir die aanplant van meer amandels .

Op Morgenster is wingerd die hoofbron van inkomste , ondanks die feit dat die wynbedryf die afgelope dekade of wat maar swaarkry .

Om dié De Villierses se entoesiasme en passie oor hul produksiepraktyke te ervaar , gee ’ n mens net weer ’ n besef van die diepliggende waarde van familieboerderye . Wanneer dié pa-en-seun-span gesels oor hul plaas , is die liefde en deursettingsvermoë tog opvallend . En soos Nikie dit tereg opsom : “ Al is die grond klein , boer ’ n mens eintlik harder op kleiner gronde om beter opbrengste te verseker .”

13 MARKtoe ! Julie 2024
Available at your nearest Agrimark .