MARKtoe! Julie 2024 - Uitgawe 117 | Page 12

LANDBOU

om hulle meganies te top om hul groei op ’ n spesifieke hoogte en breedte te beheer , en na die oes snoei ons die takke met die hand . Dit gebeur gewoonlik nadat die laaste druiwe geoes is aan die einde Maart of begin April . Dan snoei ons een of twee takke uit vir beligting en krap nie verder aan die boom nie ,” verduidelik Nikie .

Hul eerste aanplanting was 2.5 ha en was ’ n leerskool vir hoe hierdie bome in die area sou aard . Hulle het Spanje besoek en kers opgesteek by hul tegnieke en metodes . Daar word twee rye van een kultivar geplant en dan een ry kruisbestuiwers vir optimale bestuiwing , deur die byekorwe wat in groot volume ingehuur word .

Volgens Nikie plant hulle amandels op die meer moderne heining-stelsel , met rye 3,5 m uitmekaar en die bome 1,5 m , maar hulle monitor voortdurend die resultate van die verskillende tegnieke om dit aan te pas vir hul grond en klimaat . Hulle streef na meer natuurlike metodes vir bemesting , soos stikstofbindende dekgewasse en Atlantic Fertilisers se organiese kunsmis . Hulle beoog om in die toekoms die amandels meganies te oes .

“ Amandelbome se groot storie is bloeiselversending wanneer die blommetjies swaminfeksie kry . Dit is ‘ n groot risiko in ons area . Ons spuit daarteen en ook vir rooispinnekop en bruinroes . Ons monitor ons bome baie noukeurig en gelukkig was dit nog nie ’ n probleem hier op Morgenster nie .”

Water is tans ’ n groot uitdaging

Penny is onafskeidbaar van Koos en ry oral saam met hom in sy bakkie .
12 MARKtoe ! Julie 2024