MARKtoe! Julie 2024 - Uitgawe 117 | Page 17

LANDBOU

seker wees van jou saak ,” vertel Thys .

Volgens Thys is die belangrikste deel van hul besigheid die proelokaal en wynverkope op die plaas . Sowat 10 % van die plaas se produk-sie gaan in hul eie handelsmerk en dit is hoog op hul prioriteitslys om meer wyn direk aan die verbruiker te verkoop . Hulle voer sauvignon blanc , pinotage en cabernet sauvignon uit , hoofsaaklik na Nederland en Duitsland , maar hul eerste besending is pas na China gestuur . Daar is vir hulle nog baie werk in die plaaslike mark en hulle wil ’ n lojale verbruikersmark skep wat gereeld na hul handelsmerk , en die plaas , sal terugkom .

“ Dis moeilik om ’ n nuwe handelsmerk te vestig en om maniere te vind om bo jou kompetisie uit te staan . Ons professor op Stellenbosch het gesê dit vat nie net een generasie nie , maar twee of drie om ’ n sterk handelsmerk te vestig . As jy goeie wyne van kwaliteit oor tyd kan produseer , en jy bly goed doen , dan kan jy suksesvol wees . Ek glo dit vat baie tyd en toewyding om dit te bereik .”

“ Produksiegewys is dit klein , maar vir die besigheid is dit van groot belang – om ons eie handelsmerk te vestig en uit te bou . Met ons wyne fokus ons op sauvignon blanc , so eie aan dié vallei en dit vorm omtrent 70 % van ons produksie .

Links : Maastricht bemark ‘ n hele reeks wyne ondet hul eie etiket , maar verskaf ook aan ander kelders . Regs : Michaela is die proelokaalbestuurder op Maastricht .
17 MARKtoe ! Julie 2024