LANDBOU
jaarliks styg en die prys wat ons vir ons druiwe kry . As deel van ons vernuwingsvooruitsig , het ons verlede jaar sowat 6,5 ha wingerd aangeplant . Vanjaar wil ons nog ’ n verdere 3 ha aanplant en volgende jaar beplan ons om nog 7 ha aan te plant . Ons kan nie toelaat dat al die wingerde te oud word nie - ons moet op die voorvoet bly ,” beaam Nikie hul siening .
Maar , vertel Koos , hulle kon nie net op die wingerde staat maak nie en alhoewel hulle voortdurend eksperimenteer , nuwe aanplantings maak en meer op hoë opbrengskultivars fokus , moes hulle diversifiseer met die gewasse wat hulle aanplant en waarop hulle vir ’ n konstante opbrengs kon vertrou . Hulle het ook gekyk na bessies ,
suurlemoene , granate en olywe , en een van die grootste oorwegings was arbeid . “ Ons wou iets doen wat so min as moontlik arbeid verg . Amandels was die antwoord en ons produksie styg elke jaar . Sonder water kan jy nie veel vermag nie en tans kry ons ongeveer 2,5 t / ha verwerkte amandels .”
“ So het ons die eerste produsente van amandels in hierdie deel van die Wes-Kaap geword en dit word ’ n al hoe groter deel van ons bedrywighede . Ons moes daarmee begin omdat die wingerde se somme nie altyd meer so lekker klop nie ,” voeg Nikie by .
Volgens hulle is amandels nooit juis hierdie kant van die berg geplant nie , maar meer in die Robertson-streek en tans word
Perde wei hoog teen Hooggeberg op Morgenster .
10 MARKtoe ! Julie 2024