MARKtoe! Julie 2024 - Uitgawe 117 | Page 9

LANDBOU

vrugbaar , wat ’ n groot effek het op vrugbaarheid in koel areas .”

Hy vertel dat hulle baie sukkel met botritis en dus wegbly van chenin blanc en ander kultivars wat meer vatbaar is vir swamsiektes . Weens hul plaas se ligging is hulle gewoonlik die laaste in Durbanville wat nog druiwe oes , wat ‘ n uitdaging is vir kultivars wat laat ryp word .

Nikie sê ’ n groter blaaroppervlak skep ’ n enjin om die druiwe ryp te maak en blokke wat hy vorige jare na Paasnaweek gepars het , was vanjaar al teen die einde van Maart ryp . Hy glo alle praktyke gaan nie noodwendig op alle plase werk nie , maar voortdurende eksperimentering werp by hulle vrugte af . Hoe later in die seisoen ,

hoe korter raak die dae en hoe minder sonlig is daar wat druiwe ryp kan maak .

Morgenster se druiwe word alles aan die naasliggende Durbanville Hills-kelder gelewer en tesame met die ander plase van die De Villiersfamilies lewer hulle omtrent die helfte van die kelder se druiwe . Die area se produsente voorsien ongeveer 6 000 ton aan Durbanville Hills , waarvan 1 100 ton van Morgenster afkomstig is .

“ Ons wingerde is gedeeltelik besproei en ons kon sedert 1997 ons produksie van ongeveer 9 t / ha opstoot na bykans 13 t / ha . Ons moet voortdurend planne maak om dit te verbeter , sonder om gehalte prys te gee . Die planne moet opgeweeg word teen die insetkostes wat

Bo : Die trop boerbokke op Morgenster word gebruik om indringerplante onder beheer te hou . Regs : Die trop boerbokke op Morgenster word gebruik om indringerplante onder beheer te hou .
9 MARKtoe ! Julie 2024