MARKtoe! JULIE 2023 Uitgawe 106 | Seite 9

LANDBOU
1 .

“ Ons gee graag terug aan die gemeenskap en sy mense .” Barend verduidelik dat hulle betrokke is by ’ n trust vir werklose mense , ’ n bemagtigingsprojek vir hul werkers , vyf kleuterskole op die plaas , asook skole in die omgewing , soos die Junction-laerskool in Letsitele waar Mahela se betrokkenheid verseker dat leerders na goeie onderrig deur goed opgeleide onderwysers in ’ n veilige omgewing kan uitsien .

“ My ouers was pioniers in die Laeveld en het ’ n sleutelrol gespeel in die totstandkoming van die hoërskool in Tzaneen . Die skool is na my pa vernoem en die dameskoshuis na my ma .”

“ Tydens die grendeltyd het ons betrokke geraak by uitreik-aksies van Agri Letaba , Agri Limpopo en die Terugploeg-inisiatief van die Atterbury Trust . Ons glo dit is ons roeping om seker te maak dat daar voedsel op almal se tafels is . Geen mens in ons land verdien om honger te gaan slaap nie en daarom probeer ons help waar ons kan ,” sê Barend .

1 . Op die plaas Rietfontein naby Ohrigstad is Mahela betrokke by ’ n bemagtigingsprojek vir die gemeenskap .
9 MARKtoe ! Julie 2023