LANDBOU
Diversifisering is aan die orde van die dag by Mahela en hulle produseer sitrus en subtropiese vrugte , boer met wild en beeste , en is betrokke by produkverwerking en ander landbouverwante en besigheidsondernemings , selfs lugvaart . Hoewel die hoofkantoor in Letsitele is , is die boerdery wyd verspreid – in Leydsdorp , Gravelotte , Tzaneen , Magoebaskloof , Haenerts-burg , Bandelierkop , Ohrigstad en George . “ Ons produseer ook sitrus in Hoedspruit , in vennootskap met Laeveld Sitrus onder die naam BJ Blyde , en in Weipe in vennootskap met ZZ2 ,” vertel Pieter .
“ Omdat ons so gediversifiseerd is , beteken dit dat ons bykans dwarsdeur die jaar vrugte pluk , pak en uitvoer ,” verduidelik hy verder .
Met die subtropiese vrugte onder sy wakende oog , verduidelik Francois dat die avokado-vertakking al hoe meer aandag in die Mahelagroep kry . “ Produksie word sover moontlik gekoördineer met die tye wanneer die markte in die Noordelike Halfrond ’ n skaarste ondervind . Dit is een van die redes waarom ons die boerdery na Weipe en George in die Suid-Kaap uitgebrei het . Produksie in daardie gebiede is vir ons voordelig omdat die vrugte later ryp word en dus in tye wanneer
1 .
1 . Die ingang na Mahela se pakhuis op Ohrigstad . Die olifant ( in die vorm van die M van Mahela ) beeld die standvastigheid van die Vorster-familie uit en verwys ook na hulle noue band met die natuur .
10 MARKtoe ! Julie 2023