MARKtoe! JULIE 2023 Uitgawe 106 | Page 11

LANDBOU
1 .

avokado ’ s skaars is , bemark kan word .”

Hy sê hulle het ook besluit om aan te hou om met piesangs te boer , ten spyte daarvan dat baie boere hul piesangboorde uitgehaal het omdat soveel piesangs ingevoer word .

Die eerste lietsjiebome is in 1947 geplant op grond wat vandag nog deur Mahela besit word en daardie bome is steeds in produksie . “ Ons het so ’ n paar van die bome gelos om te groei sonder dat dit gesnoei word en hulle herinner ons daaraan dat harde werk en deursettingsvermoë die basis vorm van enige boerdery se sukses ,” vertel Francois .

Francois verduidelik dat die macadamianeute wat hulle produseer , hoofsaaklik vir die uitvoermark bestem is . “ Die “ dry nuts-inshell ” ( DNIS ) word hoofsaaklik na Sjina uitgevoer terwyl die gedopte neute na VSA en EU-markte gestuur word .”

Mahela het ’ n geleentheid in die kersie-nismark gesien en in 2018 het hulle hul eerste kersies op die plaas by Ohrigstad geplant . Ohrigstad se winterklimaat is baie geskik vir die verbouing van kersies met sy koue nagtemperature en matige dagtemperature . Volgens Eddie is die kersies wat in die

1 . Volgens Francois Vorster is daar maar ’ n handjievol produsente in die land wat goue kiwivrugte produseer . Mahela produseer die Soreli-variëteit hoog in Magoebaskloof
11 MARKtoe ! Julie 2023