LANDBOU
noordelike dele van Suid-Afrika verbou word , voor die res van die produksie-areas op die wêreldmark wat ’ n groot voordeel bied .
“ Ons hooffokus bly egter die sitrusboerdery . Dit bly ons sterk punt ,” beklemtoon Eddie .
Hy meen die warm dae en koel nagte van hulle omgewing is ideaal vir die verbouing van die meeste soorte sitrus en dit lewer sappige vrugte waarvan die suiker goed met die suur so eie aan sitrus gebalanseer is .
Afhangende van die seisoen en die tipe sitrus , word die eerste vrugte gewoonlik in Maart gepluk . “ Ons begin ons plukseisoen in Maart met suurlemoene , gevolg in April deur Shaddock en Star Ruby tot middel-Junie . Die eerste nawels word einde Mei gepluk en dan pluk ons weer nartjies van Junie tot August met die laat-lemoene tot aan die einde van September ,” verduidelik Eddie .
“ Ons doen moeite om vrugte op ’ n etiese en omgewingsvriendelike manier te produseer . Hoewel ons aan al die plaaslike en internasionale markte se standaarde voldoen , is dit vir ons veel meer as net ’ n blokkie
1 . Mahela se kommersiële Bonsmarakudde word op die Rubbervale-plaas naby Gravelotte aangehou . Die beeste wei in die dag in die veld maar word snags op kraal gehou om hulle teen roofdiere te beskerm .
1 .
12 MARKtoe ! Julie 2023