MARKtoe! JULIE 2023 Uitgawe 106 | Page 13

LANDBOU
1 .

wat afgemerk moet word . Om saam met die natuur te boer , is vir ons ’ n beginselsaak .”

Hierdie is nie leë woorde nie . Mahela voeg die daad by die woord . As deel van hulle geïntegreerde plaagbeheerprogram word daar jaarliks miljoene predatoriese insekte in die boorde vrygelaat . “ Ons spuit steeds chemiese produkte tot so 4 maande voor pluktyd , maar daarna gebruik ons biologiese predatore om van die insekplae te beheer . Dit verg fyn en wetenskaplike bestuur van insekbeheerprogramme , maar ons fokus is op die volhoubare , langtermyn-bestuur van peste en plae .”

Die Laeveld se bosveld is in hulle bloed en so ook die bewaring van inheemse bome en wild . Op die plaas word bome nie onnodig uitgehaal nie . “ As iemand my pa wil omkrap , moet hulle onnodig inheemse bome uithaal . Ons kap wel indringerbosse uit , maar ons probeer om inheemse plantegroei sover as moontlik te bewaar .”

Pieter brei uit : “ Ons is baie lief vir die natuur en daarom is ons betrokke in ons eie wildboerdery , en ons is ook in ʼ ’ n vennootskap met Laeveld Sitrus as BJ Vorster betrokke waar ons intensief

1 . Mahela produseer kersies op een van die plase net buite Ohrigstad . Om die temperatuur onder 15 ° C te hou , is ’ n oorhoofse besproeiingstelsel geïnstalleer wat outomaties aanskakel as die temperatuur te hoog styg
13 MARKtoe ! Julie 2023