MARKtoe! JULIE 2023 Uitgawe 106 | Page 14

LANDBOU

1 . Die twee moderne sitruspakhuise met ’ n gekombineerde pakhuisearea van 20 000 m ² verseker dat net vrugte van die beste gehalte gepak en dwarsoor die wêreld verskeep word . met skaars wildspesies soos swartwitpense , njalas , buffels , Livingstone-elande , rietbokke , tsessebes , bastergemsbokke en die baie besonderse skilderklipspringer boer . Ons boer ook met ander vlaktewild soos kameelperde , koedoes , en rooibokke .”

Mahela help ook om bedreigde diersoorte soos wildehonde te beskerm . “ Ons wildehondeprojek is hoofsaaklik gefokus op bewaring en daar is geen geldelike motivering hierby betrokke nie . Ons is redelik aktief betrokke by die wildehonde-aksiegroep . Dit is vir ons ’ n voorreg om in die wildbedryf betrokke te wees ,” vul Barend aan .

Die vier boers is dit egter eens dat hulle liefde vir die natuur en omgewing en die ondersteuning wat hulle aan mekaar bied , hulle boerdery-wa deur enige drif sal trek .