MARKtoe! JULIE 2023 Uitgawe 106 | Seite 8

LANDBOU

Pieter is verantwoordelik vir alle korporatiewe sake , nuwe ontwikkeling en die Bonsmarakudde . Eddie is in beheer van die sitrusboerdery en Francois , die jongste , verantwoordelik vir die subtropiese vrugte asook die wildboerdery .

“ Ons familiegrondwet is een van die kernelemente wat help om ons as familie bymekaar te hou en sukses op die lange duur te verseker . Ons familiewaardes asook ons liefde vir die natuur en omgewing , is die pik wat die boerderybootjie verseël en op die water hou wanneer dit onstuimig raak in die landbouomgewing ,” sê Barend .

“ Vir vier broers om saam te boer , is nie aldag maklik nie . Maar omdat elkeen sy eie verantwoordelikheid het , bly ons uit mekaar se hare ,” meen Barend . “ As familie , gee ons baie vir mekaar om , maar die natuur , ons personeel en werkers , asook die gemeenskap , is vir ons ewe belangrik . Ek glo vas dat dit hierdie ingesteldheid , gekombineer met harde werk en strategiese denke is wat die basis van ons sukses vorm .”

In 2018 is Mahela as die Landbouskrywers SA se Limpopo Boer van die Jaar gekroon .

1 .
1 . Sitrusproduksie begin in die kwekery . Goeie wortelontwikkeling is krities omdat die bome vir die volgende 30 jaar goeie opbrengs en gehaltevrugte moet lewer .
8 MARKtoe ! Julie 2023