LANDBOU
1 . op die plaas aangesluit . Op 84 staan hy deesdae ‘ ʼn bietjie terug en die vier seuns , Barend , Pieter , Eddie en Francois , is aan die stuur van Mahela se gediversifiseerde boerdery .
Daar is twee plekke waarheen Edward Vorster gaan as hy bietjie wil nadink . Hy gaan sit op ’ n bankie onder ’ n Rooi-essenhoutboom langs een van die plaasdamme of hy gaan ry ’ n draai deur die wildkamp . Wanneer hy só tyd in die natuur spandeer , verduidelik hy , val al sy gedagtes sommer in plek en sien hy weer kans vir enige uitdaging wat op sy pad kom . “ Die natuur plaas alles in perspektief en bring mens weer naby aan jou Skepper .”
Ons sit juis op dié dinkbankie langs die dam terwyl hy vertel van die jare net ná die ontbinding van die bemarkingsrade . “ Dit was soos die wilde weste met almal wat orals heen wou uitvoer . As boere het ons saamgestaan en ’ n produsenteorganisasie gestig waarvan ek die voorsitter was om oplossings vir die uitdagings te soek .”
By Mahela berus besluite op konsensus , sê Barend . Hy is die oudste van die vier broers en dien as hoof uitvoerende beampte van die Mahela-groep van besighede .
2 .
1 . Edward Vorster hou daarvan om op sy dinkbankie onder die Rooi-essenhoutboom te kom sit . Hier het hy menige planne beraam en oplossings vir probleme gevind . 2 . Beesboerdery is ’ n nuwe toevoeging met 160 Bonsmara-teelverse . Op die foto staan Herman Pieterse , links , Pieter Vorster in die middel , en Daniel Chavalala , regs .
7 MARKtoe ! Julie 2023