MARKtoe! JULIE 2023 Uitgawe 106 | Page 6

LANDBOU
1 .

Die Letsitele-vallei is ryk aan geskiedenis en die Letabarivier wat deur die vallei kronkel , dien as lewensaar vir die grootste sitrusproduksiegebied in Suid-Afrika . Dit is hier waar die diep spore van die Vorster-familie lê .

In 1942 het Ben Vorster die mynbou vaarwel geroep en met groente begin boer . Edward Vorster het as klein seuntjie saam met sy ouers , Ben en Toekie , in tente onder ’ n paar groot Jakkalsbessiebome langs die Letabarivier gekamp totdat hul eerste huis later gebou is . Hierdie bome staan vandag steeds op die oorpronklike plaas .

“ My pa was ’ n man van min fieterjasies ,” vertel Edward Vorster . “ Mahela was sy bynaam . Dit is die Tsongawoord vir vinnig en fieterjasie-vry . Die boerdery is na hom vernoem en vandag probeer ons nog steeds so boer : met min fieterjasies .”

“ My ouers was pioniers in die Laeveld en het ’ n sleutelrol gespeel in die totstandkoming van die hoërskool in Tzaneen . Die skool is na my pa vernoem en die dameskoshuis na my ma .”

In 1964 het Edward by sy pa

1 . Tango-nartjies word gewoonlik van middel-Junie af gepluk
6 MARKtoe ! Julie 2023