MARKtoe! JULIE 2023 Uitgawe 106 | страница 5

MAHELA-GROEP - ’ n Omgeeboerdery wat diep spore trap
LANDBOU

Wanneer mens met die kronkelpaadjie van Magoebaskloof in die Laeveld afsak , is dit opmerklik dat dit hier baie vrugbaar is . Die landbou is divers en bestaan uit bosbou en subtropiese vrugte soos piesangs , avokado ’ s , macadamianeute , koffie , draakvrugte , mango ’ s , lietsjies en papaja . Verder af in die Letsitele-vallei vind mens bloubessies en baie sitrus . Ooswaarts is die wildheinings ‘ n aanduiding van al die wildboere en reservate .

In Tzaneen en Letsitele se omgewing is baie van die boerderye familiebesighede waar elke nuwe generasie iets vars bydra . Besluite wat geneem word , fokus op volhoubaarheid , want dit geld nie net vir die generasie wat op die oomblik aan die stuur van sake staan nie , maar is veral gemik op die een wat kaalvoet in die boorde rondhardloop . Magda du Toit het met ’ n paar boere in Tzaneen en Letsitele oor hulle wenresepte gaan gesels .

MAHELA-GROEP - ’ n Omgeeboerdery wat diep spore trap

1
1 . Die Vorsters van Mahela . Van links : Francois , Pieter , Edward , Barend en Eddie . Voor draf Jeckie , Edward se getroue Jack Russel .
5 MARKtoe ! Julie 2023