MARKtoe! JULIE 2023 Uitgawe 106 | Page 66

ADVERTENSIE-ARTIKEL

Die besigheid het in 1997 ontstaan toe die huidige besturende direkteur , André Smit , en sy vrou , Deléria , dit in ‘ n ruimte so groot soos ‘ n motorhuis begin het . Die onderneming het aanvanklik met 23 mense begin , maar weens uitbreiding moes hulle ‘ n paar keer trek en het hulle in die middel 2000 ’ s na die bestaande perseel verhuis . Zibo het nog twee herwinningsaanlegte , een in Blackheath en een in George .

MEER MENSE , MEER PRODUKTE

Zibo het nou meer as 1 200 mense in diens by hul vier aanlegte . Die Kaapse aanleg fokus hoofsaaklik op die vervaardiging van uitvoerpakmateriaal vir die landboubedryf en saam met die aanleg in Johannesburg vervaardig hulle ongeveer 1 200 produkte .

Die uitset van herwonne plastiekprodukte wat Zibo aan die Suid- Afrikaanse mark beskikbaar stel , is massief . Baie van hul produkte word in die vrugtebedryf gebruik , veral die punnets waarin vrugte verpak verpak word .

“ Die onderneming is grotendeels ‘ n familiebesigheid en dis hoe Zibo ook in die mark erken word . Ons volg die familiewaardes wat deur Andre en Deléria voorgehou word . Die meeste mense werk al baie lank hier , sommiges tussen 15 en 27 jaar . Johan , wat André en Deléria se seun is , bestuur die vervaardigingsaanleg in Johannesburg en Johan Lund , die

1 . Ou plastiekbottels is ‘ n groot deel van die afvalplastiek wat by Zibo verwerk word .
66 MARKtoe ! Julie 2023