MARKtoe! JULIE 2023 Uitgawe 106 | Page 65

ADVERTENSIE-ARTIKEL
Woorde : Danie Keet | Fotografie : Michel dei-Cont
1 .

Die volle herwinningsiklus van plastiekprodukte is iets waarmee Zibo , ’ n KAL Group Verskaffer Van Die Jaar-wenner vir 2022 in die afdeling vir pakmateriaal , kan spog . En een van die min ( of waarskynlik die enigste ) herwinnaar wat plastiekprodukte in al sy vorms vir die plastiekverpakkingsbedryf herbenut .

ENIG IN SOORT

Aan die gesels oor hul komplekse dog unieke onderneming , is die span by die Saxenburg-aanleg in Kuilsrivier . Hulle is Francois Keulder , die agri-bemarkingsbestuurder ; Jaco Gelderblom , die herwinningsaanlegbestuurder , en Tanya Muller , wat deel is van die nasionale bemarkingspan . En dis gou duidelik dat hulle hul onderneming van bo tot onder ken as hulle die kringloop van afvalplastiek by hul aanleg verduidelik .

“ Ons is een van die enigstes in die plastiekbedryf wat die hele siklus van plastiekverpakking-materiaal ( bottels en thermoform-items ) hanteer . Ons kry die meeste van ons grondstowwe – dis nou plastiek , natuurlik – uit stortingsterreine en ons verwerk dit dan weer tot bruikbare voedselverpakkingsmateriaal in ‘ n verskeidenheid vorms en groottes ,” beskryf Francois .

1 . Ou plastiekbottels is ‘ n groot deel van die afvalplastiek wat by Zibo verwerk word .
65 MARKtoe ! Julie 2023