MARKtoe! JULIE 2023 Uitgawe 106 | Page 64

WES-KAAP JONGBOER VAN DIE JAAR
8 .
8 . Cripps 100 is ‘ n nuwe kloon van Sundowners-appels wat ‘ n beter kleur het .

het deesdae heelwat uitdagings en het al die moontlike ondersteuning en aanmoediging nodig om ’ n sukses te maak . Ons glo die Jongboer van die Jaar-kompetisie is die ideale platform vir jong boere om hul prestasies te meet en hul potensiaal te ontwikkel .”

Hy het gesê Santam is al vir meer as 10 jaar by Jongboer-kompetisies op sowel provinsiale as nasionale vlak betrokke . Die maatskappy bied ook ondersteuning deur middel van opleiding oor finansies , begrotings en besigheidsplanne wat spesifiek vir jong boere aangebied word . Dis vir hulle belangrik dat jong boere blootstelling oor ‘ n wye verskeidenheid dissiplines kry , soos die nuutste tegnologie , meganisasie , plaaslike en internasionale

64 MARKtoe ! Julie 2023 bemarkingsgeleenthede , en wat die beste praktyk vir administrasie , finansies en arbeidsbestuur is . Santam se betrokkenheid by georganiseerde landbou en verskeie ander agri-platforms , maak dit moontlik dat boere die nodige blootstelling kry en ook kontak maak met die bedryfsleiers en -kundiges . So word verhoudings gebou en skep dit ‘ n geleentheid vir interaksie en om betrokke te raak en waarde toe te voeg .

“ Hierdie kompetisies lewer ’ n bydrae tot die bevordering van hoë standaarde in boerderypraktyk en uitnemendheid in boerdery wat nodig is om landbou kompeterend op plaaslike en internasionale vlak te maak ,” het Niel gesê .