WES-KAAP JONGBOER VAN DIE JAAR
is vir Christi ewe belangrik vir oorlewing in die komplekse landbouomgewing en dit kan gesien word in die uiteenlopendheid van hul landboubedrywighede . Buiten die appels , pere , nektariens en kersies , het hy ʼ ’ n kudde Swart Angusbeeste , saai hy graan op sowat 250 ha , en plant hy meer as 1 000 m bo seespieël wyndruiwe vir bekende kelders soos Rust-en-Vrede en De Grendel .
“ My raad vir jong boere is dat hulle altyd bereid moet wees om nog meer te leer , geduldig moet wees met die bou van ‘ n loopbaan , nederig moet bly en moet leer om suksesse en teleurstellings te hanteer . Dit gaan nie altyd goed nie en mens moet kan opstaan as jy geval het en jy moet weer probeer – dan kan jy
van die landbou ‘ n sukses maak ,” meen hy toe hy daaroor uitgevra word .
Oor Santam se betrokkenheid by die Jongboer van die Jaarkompetisie , sê Niel Esterhuyse , bemarkingsbestuurder van Santam Landbou , dat hul maatskappy ‘ n groot verantwoordelikheid het om ‘ n bydrae te lewer en om ‘ n positiewe omgewing vir jong boere , georganiseerde landbou en landboubesighede in Suid-Afrika te skep .
“ Ons het jong boere nodig vir die voortbestaan van ‘ n gesonde landboubedryf in Suid-Afrika . Ons vertrou dat ons betrokkenheid by die Jongboer-kompetisie ander jong boere sal inspireer om hul landboupraktyke op ‘ n volhoubare wyse aan te pak . Hierdie nuwe geslag boere
7 .
7 . Christi aan die woord by die aankondiging van die Wes-Kaapse Jongboer van die jaar : ” As produsent moet jy ook op hoogte bly van wat die mark verwag .”
63 MARKtoe ! Julie 2023