WES-KAAP JONGBOER VAN DIE JAAR
6 .
6 . Die verbouing van verskillende kultivars appels vorm die grootste deel van die boerdery op Rietfontein .
Ons doen proewe om te sien watter die beste onderstamme is , watter tyd van die jaar hulle geoes kan word en wat die beste vir ons omgewing is . Boerdery is ‘ n konstante studie van al die veranderlikes om die beste produkte teen die mees winsgewende pryse op die markte te bring ,” verduidelik hy .
Vir Christi is die uitdagendste deel van boerdery , die rol wat die natuur speel .
“ As hael jou vrugte beskadig en jy weet jy gaan sukkel om uitvoerkartonne te pak , moet ‘ n mens positief bly – veral as die leier van ‘ n groot span waar jy jou mense gemotiveerd moet hou . Dan moet jy kan kophou . As die damme leeg is ná die reënseisoen en die water raak min , moet jy saam met jou spanne planne kan maak , en dan raak dit uitdagend om die res se hande te vat en hulle positief te hou .”
Toe hy op Rietfontein aangestel is , was daar sowat 500 werkers in die piekseisoen met ses produksiebestuurders en ‘ n hele administrasiespan . Hy het onmiddellik die plaas se organogram herstruktureer , elkeen van ‘ n posbeskrywing voorsien , die regte mense in die regte posisies geplaas en ‘ n struktuur geskep waarbinne die plaas se bestuursplan bedryf word . Daarna is die infrastruktuur hersien . Nuwe paaie met korter roetes na die laaiblad is aangelê en ‘ n verbeterde waterverspreidingstelsel met groter pype en pompe – alles om winsgewendheid te verbeter .
Veelsydigheid en diversifikasie
62 MARKtoe ! Julie 2023