MARKtoe! JULIE 2023 Uitgawe 106 | Page 61

WES-KAAP JONGBOER VAN DIE JAAR

landboudiploma aan KPUT verwerf het waarna hy eers op verskillende plase in die Ceres-distrik gewerk het voordat hy by die Graaff-groep aangesluit het .

Hy meen dat mense wat tot die landboubedryf toetree , moet weet waarheen hulle op pad is en moet die regte plek kry om hul doelwitte te verwesenlik . Hy glo dat jy jou met die regte mense moet omring en jou werkgewer so moet kies dat jy weet jy het ‘ n toekoms waaraan jy kan aanhou bou .

“ Dan verg dit toewyding en baie harde werk om daar uit te kom . Omdat ek hou van wat ek doen , is dit nie eintlik werk nie . Dis lekker om deurgaans jou kennis te verbreed en te leer deur ander plase te besoek en te kyk wat suksesvolle produsente doen . Velddae is belangrik sodat jy kan sien wat in die bedryf aangaan ,” skets hy verder .

“ As produsent moet jy ook op hoogte bly van wat die mark verwag – jy moet weet wat die huisvrou wat die inkopies doen , in haar trollie of mandjie wil hê en jy moet aanpasbaar wees om in daardie behoeftes te kan voorsien . Dieselfde geld vir die uitvoermark . Jou vermoë om die maksimum aantal produkte daarvoor te produseer en verkoop , is van groot belang ,” beklemtoon hy .

“ Ons evalueer deurgaans ons aanbod – daar is ‘ n proefblok op die plaas wat 60 appelvariëteite , 30 soorte nektariens , 30 variëteite kersies en 31 variëteite pere bevat .

5 MARKtoe ! Julie 2023