MARKtoe! JULIE 2023 Uitgawe 106 | Page 59

WES-KAAP JONGBOER VAN DIE JAAR

“ Ons het dit ook gesien toe ons hul plase tydens ons beoordeling-proses besoek het en ons kon self ervaar hoe hul besighede bedryf word .

Hulle vertel mooi stories , maar dit word ook passievol uitgeleef in hul hantering van hul mense en die produksieprosesse ,” het hy verder trots uitgebrei . “ Die kompetisie is ‘ n integrale deel van ons interaksie met die Wes- Kaapse jongboere , en ons glo hulle sal ware ambassadeurs vir landbou in die Wes-Kaap by die nasionale kompetisie wees ,” het Jannie gesê .

Vir Christi , is sy werksmense die belangrikste faset van die hele boerdery .

“ Sonder goeie en betroubare werkers is jy niks nie . Hulle is jou belangrikste skakel tot sukses en beheer in wese jou hele produksie-siklus , van die snoei , waterbeheer , vrugteuitdunning , die manipulering van bome , tot by oes en verpakking . Ons almal werk saam om ons produksiewaarde uit te bou ,” het hy verduidelik .

“ Menseverhoudings is vir my van kardinale belang en ek het ‘ n deelnemende , oopdeur-bestuursbeleid .

4 .
4 . Christi besig om te werk aan ‘ n spilpunt op ‘ n deel van die plaas waar daar lusern gesaai word .
5 MARKtoe ! Julie 2023