WES-KAAP JONGBOER VAN DIE JAAR
3 .
Christi is onlangs by ‘ n glansgeleentheid in die Paarl as Agri Wes-Kaap Santam Landbou Jongboer van die Jaar gekroon . Hy boer die afgelope 15 jaar vir Graaff Fruit en hy is al die afgelope vyf jaar lank die landgoedbestuurder op Rietfontein . Jannie Strydom , uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap , wat die kompetisie bestuur , is besonder trots op vanjaar se deelnemers en glo elk van die sewe finaliste is voorwaar ‘ n wenner in eie reg .
“ Die kompetisie gee nie alleen vir hierdie jong boere uitstekende blootstelling nie , maar ons wat van georganiseerde landbou se kant af kom , kry ook goeie insae in die wese van ons jong boere . Hulle uitstaande kenmerk was deurgaans hul positiwiteit en passie vir die landbou . Waar baie mense sou kla oor die situasie in die land en probleme wat die landbou kniehalter , is hulle almal passievol en positief oor wat hulle doen . Hulle sien geleenthede raak en maak planne om enige negatiewe invloed te oorkom ,” het hy beskryf .
3 . Christi met ‘ n kis kersies wat ook op Rietfontein verbou word as deel van die diversifisering van hul boerderybedrywighede .
5 MARKtoe ! Julie 2023