bewus nie , maar daar word hard gewerk om hierdie verhoudings en vertroue in stand te hou . Ons lewer kommentaar op voorgestelde wetgewing en op sake van landboubelang om te verseker dat ons lede se belange in ag geneem word . Omdat ons so ‘ n groot aantal lede het , is ons ‘ n kragtige verteenwoordigende stem en dra ons insette baie gewig . Ons kry nie altyd wat ons wil hê nie , maar ons hou die besluitnemers en politici verantwoordbaar vir hul besluite ,” sê hy met ‘ n effense frons en ‘ n glimlag .
AWK skakel deurlopend met die talle bedryfsorganisasies wat meer direk by die produsente se praktiese werksaamhede betrokke is .
“ Daar is natuurlik baie kwessies wat ons namens ons lede aanspreek en aspekte soos landelike veiligheid en arbeidskwessies kry voortdurend baie aandag . By Nampo Kaap het ons ‘ n paneelbespreking oor landelike veiligheid gehou . Gelukkig het die Wes-Kaap nog min plaasaanvalle gehad , ondanks die gebrek aan kapasiteit van die Suid- Afrikaanse Polisiediens ( SAPD ). Produsente gaan egter gebuk onder grootskaalse diefstal van toerusting soos pompe en kraglyne , wat natuurlik hul bedryfsinsette verder verhoog en die dag-tot-dagwerksaamhede belemmer . Ons het nou ‘ n rapporteringstoepassing ( app ) ontwikkel om aanmelding van misdaad makliker te maak .”
‘ n Ander belangrike kwessie waaroor Jannie en sy span by AWK sterk voel , is grondhervorming . “ Ons glo grondhervorming moet op volhoubare basis geskied en die seleksie van begunstigdes vorm die basis hiervan . Daar is baie opkomende boere en boere van kleur , maar ons kan nie toelaat dat voedselsekerheid deur die herverdeling van produktiewe landbougrond in gedrang gebring word nie ,” sê hy .
“ Ek sê altyd ons sien om na dinge wat buite die plaashek gebeur en help om daardie geraas aan te spreek terwyl die produsente met gerustheid kan voortgaan om hul kernbesigheid te bedryf – om voedselprodukte te produseer .”
“ Terselfdertyd is transformasie binne die landbou noodsaaklik en moet dit ‘ n regverdige kans kry . As die oorskakeling met handevat onder kommersiële produsente gepaard gaan , kan dit suksesvol wees . Landbou is egter nie net nog ‘ n werk nie – ‘ n mens moet passievol daaroor wees , anders gaan dit nie werk nie ,” meen hy .
Oor die uitdagings vir landbou in die Wes-Kaap is Jannie pragmaties en beskou hy dit as sy en AWK se mandaat om onverpoos voort te gaan om die stem van landbouers te wees .
“ Ons hoofmandaat is om na voedselsekerheid in al sy