MARKtoe! JULIE 2023 Uitgawe 106 | Page 55

ADVERTENSIE-ARTIKEL

vertakkings om te sien – aspekte soos energie , natuurlike hulpbronne en veiligheid het ‘ n impak op die hele gemeenskap . Ons moet help toesien dat ‘ n gesonde arbeidsklimaat gehandhaaf word terwyl die finansiële volhoubaarheid van ons lede binne die huidige kosteknyptang hoë prioriteit geniet . Ons kan nie veel aan die rand en sent-aktiwiteite doen nie , maar ons kan help om ‘ n klimaat onder politici en ander besluitnemers te skep wat tot voordeel van die produsente is ,” verduidelik hy .

“ Ons moet help toesien dat ‘ n gesonde arbeidsklimaat gehandhaaf word terwyl die finansiële volhoubaarheid van ons lede binne die huidige kosteknyptang hoë prioriteit geniet .”

“ Uitdagings moet ons nie definieer nie – ons produsente het die kennis , ondervinding en ervaring wat nie op winkelrakke te koop is nie en dis nodig dat almal besef dat dit ‘ n unieke sektor is wat ons verteenwoordig en waarvan ons deel is .”

Die arbeidsituasie in die landbou is ook rede tot kommer , veral omdat die bedryf so arbeidsintensief is en tans aan ongeveer 252 00 voltydse werkers ‘ n heenkome bied – wat meer as verdubbel as seisoenwerkers in ag geneem word .

“ Die pandemie het bygedra tot die besef dat ‘ n mense nie kan bekostig om jou werk te verloor nie . Dit is noodsaaklik dat ‘ n realistiese en regverdige lewensloon verdien word , maar ons lone word ver bo inflasie opgestoot . Meganisasie is noodwendig die gevolg en ook afleggings – dit is iets waarna ons ernstig kyk en met die regeringsdepartemente bespreek . ‘ n Moontlike oplossing vir ons is om vergoedingskategorieë vir bepaalde ervaringsvlakke of kundigheid in te stel . Individue kan dan besluit vir watter loon hy wil werk . So word erkenning gegee vir verskillende vlakke van kwalifikasie en ervaring in die sektor ,” sê hy .

” My kernboodskap aan ons lede en vir die landbou in die algemeen , is dat ons almal moed moet hou . Daar is soveel negatiwiteit , maar ons moet voortgaan om uit een mond te praat , ons strukture gebruik om mekaar te ondersteun en die boodskap uit te dra sodat ons besluitnemers ingelig kan hou om sodoende die realiteit en uniekheid van landbou te bly beklemtoon ,” sê hy met nadruk .

“ Omdat ons die meerderheid produsente in die provinsie verteenwoordig , praat ons namens die landbou en het ons ‘ n baie groot verantwoordelikheid om mooi te dink oor wat ons sê . Wat ons sê , is eg en gewortel in produsente se ervarings ,” sluit Jannie met oortuiging af .

55 MARKtoe ! Julie 2023