Met slegs sewe passievolle personeellede onder Jannie se leiding , dien AWK se leiding , die 92 geaffilieerde landbouverenigings . AWK is op sy beurt weer by Agri SA geaffilieer wat dan gesamentlik die spreekbuis van produsente landwyd vorm . Daar is 19 streekbestuurders deur die Wes-Kaap versprei en elkeen van hulle dien in een of meer van AWK se vyf beleidskomitees . Deur middel van hierdie komitees word inligting uit die streke ingesamel en versprei en rig die komitees ook versoeke aan AWK . Om die inligtingsketting te versterk , word daar jaarliks tussen 9 en 11 streekkongresse gehou waartydens probleme en sake van landboubelang bespreek word .
“ Insette word só direk van ons lede bekom , en ons kan daarvolgens optree . Ons gee ook terugvoer van waarmee ons besig is en kry dan ‘ n mandaat om sekere beleidsrigtings te volg .”
Die vyf beleidskomitees fokus hul aktiwiteite op landelike veiligheid , natuurlike hulpbronne , die ekonomie , arbeid en sosiale kwessies , transformasie , kommunikasie en kommersiële aspekte .
Jannie is passievol oor georganiseerde landbou : ” Ek vra gewoonlik wat sou gebeur het as ons nie daar was nie ? Ons het deur die jare uitstekende verhoudings met politici op alle vlakke in die provinsie opgebou en het ‘ n oop deur na al die ministers wat ons bedryf beïnvloed . Baie dinge gebeur agter die skerms – en produsente is dikwels nie van alles